Argiewe: FAQs

Shape Image One

Ek eet glad nie vars groente en vrugte nie!

Groente en vrugte bevat voedingstowwe wat van kardinale belang is vir jou gesondheid en welstand. Ons beveel aan dat jy ’n dieetkundige gaan sien om vir jou ’n eetplan uit te werk wat hierdie nutriënte ond

Wat kan ek doen om beter te slaap?

“Maak seker jy oefen nie later as 18:00 saans nie. Besluit hoe laat jy saans gaan slaap en hou daarby. ’n Slaapritme is van onskatbare waarde! Gaan byvoorbeeld elke aand op dieselfde tyd kamer toe (21:30) en lees ʼn bietjie tot jy vaak voel. Dan sit jy jou lig af teen 22:30 en probeer slaap.

Beïnvloed slaap gewigsverlies?

Ja. Eerstens veroorsaak min slaap meer cravings, gewoonlik vir kosse wat hoog is in energie. ’n Dieet wat hoë energie bevat, sal lei tot gewigstoename. Slaap beÏnvloed ook hormone wat eetlus beheer. Min slaap verhoog die hoeveelheid ghrelien en verminder die hoeveelheid leptien wat in die liggaam afgeskei word. Ghrelien stimuleer aptyt en verlaag energieverbruik

Hoekom is ek doodmoeg?

“Dis nogal moeilik om hierdie vraag te beantwoord, want daar kan baie redes wees vir moegheid. Eet jy gereeld en eet jy genoeg? Lae bloedsuiker kan moegheid veroorsaak. Oefen jy skielik meer as gewoonlik? Dan sal jy dalk moeër wees, maar namate jy fiks word, sal die moegheid verdwyn. Slaap jy goed of word jy

Ek sukkel met hardlywigheid, enige raad?

As jy hardlywig is, is dit raadsaam om al jou vrugte en groente rou te eet. Moenie minder vrugte en groente eet as wat in die plan voorgeskryf word nie. Maak ook seker jy drink minstens 6 glase water elke dag. Die vesel wat jy inneem deur die eetplan het vog nodig om uit te

Ek is gluten-intolerant. Kan ek gewone brood uitruil met glutenvrye brood. Watter pap kan eet, i.p.v. All Bran

“Ja, jy kan glutenvry- i.p.v. gewone brood eet. Rys, mielies, aartappel, quinoa, sorghum en hawermout in hul natuurlike vorm is glutenvrye stysels (lees die etiket op die produk – dit moet aandui gluten free). Produkte wat koring, gort, rog, mout en brouersgis bevat, het wel gluten in en moet vermy word as jy glutensensitief is.