Ek is gluten-intolerant. Kan ek gewone brood uitruil met glutenvrye brood. Watter pap kan eet, i.p.v. All Bran

Shape Image One

“Ja, jy kan glutenvry- i.p.v. gewone brood eet.
Rys, mielies, aartappel, quinoa, sorghum en hawermout in hul natuurlike vorm is glutenvrye stysels (lees die etiket op die produk – dit moet aandui gluten free).
Produkte wat koring, gort, rog, mout en brouersgis bevat, het wel gluten in en moet vermy word as jy glutensensitief is.
Neem ook kennis dat glutenvrye stysel dikwels verwerk word in ’n fabriek/fasiliteit wat ook koring verwerk, en dit kan tot kruisbesmetting lei. Om hierdie rede moet jy kyk op die etiket of die produk as glutenvry gesertifiseer is.
Maltabella-pap word van sorghum gemaak en hawermoutpap (wat op die etiket gemerk is dat dit glutenvry is) is goeie ontbyt-opsies. Kyk uit vir Pronutro wat wheat and gluten free is. Kreemymeel word van mieliemeel gemaak, en bevat dus ook nie gluten nie.”

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui