Beïnvloed slaap gewigsverlies?

Shape Image One

Ja. Eerstens veroorsaak min slaap meer cravings, gewoonlik vir kosse wat hoog is in energie. ’n Dieet wat hoë energie bevat, sal lei tot gewigstoename. Slaap beÏnvloed ook hormone wat eetlus beheer. Min slaap verhoog die hoeveelheid ghrelien en verminder die hoeveelheid leptien wat in die liggaam afgeskei word. Ghrelien stimuleer aptyt en verlaag energieverbruik (meer energie word dus as vet gestoor) terwyl leptien aptyt verlaag en energieverbruik verhoog (vet word dus verbrand).

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui