Argiewe: FAQs

Shape Image One

Ek sukkel vreeslik met ‘n tube/tyre bo my maag.

Ongelukkig is daar geen dieetplan wat spesifieke areas van die liggaam teiken nie. Namate jy gewig verloor, sal die vet rondom jou middellyf ook afneem en sal jy ’n slanker middel kry. Mense met ’n appel-tipe liggaamsbou is gewoonlik ook insulienweerstandig – wat dit nog meer belangrik maak vir jou om gewig te verloor, aangesien

Kan die nuwe eetplan spysverteringongemak en winderigheid veroorsaak?

Ja, omdat die dieet hoog is in vesel en peulgroente kan jy ongemak ervaar. Teen dag 8 behoort jou liggaam aangepas te wees en dan sal die simptome minder raak. Onthou om 2 liter water per dag te drink en die oefenprogram te volg wat deel is van die 60 dag-uitdaging.

Wat kan ek doen as ek suiker-cravings kry?

Die feit dat jy suiker crave kan wees dat jou bloedsuiker skielik val – maak seker jy eet gereelde etes en dat jy hoëveselkosse eet. Sluit ook ʼn proteïen in by elke ete. Cravings word verder ook beïnvloed deur stresvlakke, hoeveelheid slaap, oefening, hormone, en medikasie. Maak seker jy slaap ongeveer sewe ure saans en

Ek het ’n verskriklike craving ontwikkel vir suur en sout, hoe beheer ek dit?

Onthou cravings word beïnvloed deur stresvlakke, hoeveelheid slaap, oefening, hormone, en medikasie. Maak seker jy slaap saans ongeveer 7 uur en volg die 60 dae-uitdaging se oefenprogram. Dill-agurkies (ongeveer 50 g per dag) kan help of drink ’n glas water met vars suurlemoen daarin. Jy kan ook ‘’n pienk Himalayan-soutkristal suig om die soutlus te

Moet ek ’n yster-aanvulling gebruik?

Die ideaal is om jou bloedyster te toets, en as dit normaal is, hoef jy nie ’n aanvulling te gebruik wat yster bevat nie. Die yster in aanvullings word ook baie keer nie goed geabsobeer nie, dus is die yster in kos eter. Ryk bronne van yster sluit in rooivleis, hoender, eiers, lewer en niertjies.

Is dit nodig om kollageen te gebruik?

Dis nie noodsaaklik dat jy kollageen gebruik tydens die 60 dae-uitdaging nie, maar as jy die verouderingsproses wil vertraag en ’n gloeiende, glansende vel begeer, is ’n kollageenaanvulling jou beste vriendin! Die Splinternuwe Jy- Gehidroliseerde Kollageen werk saam met ander proteïene en elemente om struktuur aan jou vel te gee én verhoog elastisiteit en vogtigheid