Wat kan ek doen as ek suiker-cravings kry?

Shape Image One

Die feit dat jy suiker crave kan wees dat jou bloedsuiker skielik val – maak seker jy eet gereelde etes en dat jy hoëveselkosse eet. Sluit ook ʼn proteïen in by elke ete. Cravings word verder ook beïnvloed deur stresvlakke, hoeveelheid slaap, oefening, hormone, en medikasie. Maak seker jy slaap ongeveer sewe ure saans en volg die 60 dae-uitdaging se oefenprogram. As jy lus kry vir iets soets, kan jy eers probeer om ’n glas water, koffie of tee te drink – soms is die wortel van die kosbevlieging bloot dorstigheid. Andersins kan jy gerus dill-agurkies eet (diá wat suikervry is), dit neem gewoonlik cravings weg. Onthou dat ons almal normaalweg te veel suiker inneem en dat jou liggaam erg protesteer wanneer jy minder daarvan eet. Dis heeltemal normaal. Byt egter vas, want hoe minder suiker jy eet hoe minder sal jou liggaam lus kry daarvoor. Jy kan met groot gemoedsrus suiker uitsny – dit bevat geen voedingswaarde nie, veroorsaak inflammasie en beroof jou liggaam van waardevolle voedingstowwe.

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui