Argiewe: FAQs

Shape Image One

Is daar ’n sekere tyd wat tussen maaltye gehou moet word? Of hoe ver uitmekaar kan etes wees?

“Jy kan elke 5 uur eet – byvoorbeeld: 07:00, 12:00 en 17:00 OF 08:00, 13:00 en 18:00 Probeer om niks ná 19:00 saans te eet nie.”

Herhaal die eetplan ná dag 8? Of wat gebeur van dag 9 af?

Ja, die eetplan herhaal ná 8 dae. En dan volg jy dit vir ongeveer 8 keer van dag 1-8.

Is dit oukei as ’n mens met party etes vet uitsny of nie gebruik nie?

Ja, jy kan, maar onthou dat vet ook voedingstowwe verskaf wat jou liggaam nodig het en dat dit jou versadig laat voel. So, as jy honger raak kan jy net die aanbevole hoeveelheid na ’n volgende ete skuif. So kan jy byvoorbeeld die ontbytvetporsie na die middag skuif en dan avokado (’n vet) by jou

Kan ek my oggend- en middagvrug eet as snack tussen etes, of moet dit deel vorm van ’n ete?

Die ideaal is dat jy slegs drie keer per dag eet, maar as die kos vir jou te veel is met een ete, is dit in orde as jy jou vrug as snack eet.

Ek eet elke oggend dieselfde ontbyt – joghurt, ontbytgraan en my vitamienpil. Dis vinnig en maklik. Moet ek dit verander?

Nee, jy hoef dit nie te verander as dit lekker in jou leefstyl inpas nie. Jy kan dalk net die ontbytgraan ’n bietjie afwissel – soms All Bran, soms Weetbix, ensovoorts, vir verskeidenheid en sodat jy nie verveeld raak nie.

Hoe gemaak as ’n mens die vleis se rou gewig wil weet voordat jy dit gaar maak sodat ’n mens nie onnodig mors nie?

“Hier is ’n paar riglyne vir vleis: Beesvleis: 70 g rou is 50 g gaar Hoendervleis: 100 g rou is 90 g gaar Vis: 140 g rou is 120 g gaar NB! Hierdie is ’n algemene riglyn – sommige vleis bevat meer vog en dan sal dit swaarder weeg rou en ligter gaar. Die porsies