Argiewe: FAQs

Shape Image One

Kan ek kouevleis gebruik vir my proteïen?

Geprosesseerde kouevleis (soos ham) het baie sout, nitriete en nitrate in, wat dit nie ’n baie gesonde opsie maak om te eet nie. As jy kouevleis moet eet, kan jy silverside eet. Tuna in water geblik en koue hoender is ook goeie opsies. As jy geen ander keuse het nie, kan jy ook hickory ham

As ek soesji eet, mag ek gemmer en sojasous saam eet?

Ja, sojasous en gemmer mag in matige hoeveelhede geëet word.

Is soesji toelaatbaar en hoeveel mag ons eet daarvan?

Jy kan ongeveer 6 stukke sjoesi eet wat gelyk is aan 2 styselporsies en 1 proteïen/vleisporsie.

Kan ek vrugte vir groente ruil?

Vrugte en groente se voedingswaarde verskil, en dis beter om albei in jou eetplan in te sluit. Jy kan egter vrugte uitlaat en net groente eet, maar jy kan nie groente uitlaat en net vrugte eet nie. Dus kan jy jou vrugte ruil vir groente, maar nie jou groente vir vrugte nie.

Uit wat bestaan die mengelslaai (180 g)?

Enige van die volgende groente: blaarslaai / babaspinasieblare / vars koolblare / vars ui / tamatie / komkommer / soetrissie / ’n halwe wortel / broccoli / murgpampoentjie

Mag ek hummus eet?

“Ja, jy kan hummus eet. Die ideaal is dat jy jou eie maak met kekerertjies (chickpeas). Dit val in die bone- / neute- / sadegroep en jy kan 50 g daarvan eet in plaas van ander bone- / neute- of sadeporsie. HUMMUSBESTANDDELE 1 blikkie (400 g) kekerertjies (chick peas) – gedreineer + hou ongeveer 1