Mag ek hummus eet?

Shape Image One

“Ja, jy kan hummus eet. Die ideaal is dat jy jou eie maak met kekerertjies (chickpeas). Dit val in die bone- / neute- / sadegroep en jy kan 50 g daarvan eet in plaas van ander bone- / neute- of sadeporsie.

HUMMUSBESTANDDELE

  • 1 blikkie (400 g) kekerertjies (chick peas) – gedreineer + hou ongeveer 1 eetlepel (15 ml) van die water in die blikkie
  • 1 eetlepel suurlemoensap
  • 1 vars knoffelhuisie (fyngedruk)
  • 1 eetlepel olyfolie
  • 1 eetlepel tahini (sesamsaadpasta) – opsioneel
  • 1 teelepel (5 ml) komyn
  • ½ teelepel (2.5 ml) gemaalde koljander
  • Paprika na smaak
  • Sout na smaak

METODE

Dreineer die kekerertjies, en hou ’n eetlepel van die water in die blik eenkant. Meng: Plaas die gedreineerde kekerertjies in die voedselverwerker. Voeg die knoffel, olyfolie, tahini, komyn, koljander en paprika by en verwerk tot glad, terwyl jy die kante van die voedselverwerker ’n paar keer tussenin skoonskraap. Voeg die suurlemoensap en van die water uit die kekerertjieblikkie by om die mengsel ’n bietjie dunner te maak. Jy hoef nie alles by te voeg nie; stop wanneer jy dink die tekstuur en dikte is reg. Voeg sout by na smaak. Bediening: Doop vars wortel, seldery of komkommer in die hummus. Porsie: Een porsie hummus van 50 g is gelyk aan een porsie sade/neute/bone.”

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui