Argiewe: FAQs

Shape Image One

As ek my proteïene uitruil, bly die hoeveelheid (gram) dieselfde?

Nee, die gram-hoeveelheid vir vis, hoender en rooivleis verskil. Daarom moet jy die hoeveelheid volg wat aangedui is op jou plan. Daar is nie ’n ruilsisteem vir proteïene op hierdie eetplan nie.

Is daar kosse uit byvoorbeeld die stysellys wat ons eerder moet eet of minder van moet eet? Of kan ’n mens altyd dieselfde items kies?

Jy kan enige van die opsies in die voedselkeuselyste uitruil. Kies wat jy beskikbaar het en waarvan jy hou. Hou altyd by die porsiegrootte en/of gewig van die item wat jy kies.Vir optimale gesondheid beveel ons dieetkundige egter aan dat jy ’n groot verskeidenheid van kosse uit elke voedselgroep elke dag kies. Dit verbeter jou

Hoe werk die voedselkeuselys?

Op jou eetplan (A, B, C of D) is stysel-, groente-, vrugte-, vet- en melkporsies aangedui. Jy kan dan in die voedselkeuselys die opsie/s kies wat jy graag wil eet. So sal jy byvoorbeeld All Bran-vlokkies uit die styselgroep vir ontby kies, maar vir aandete dalk pasta. Probeer om ’n groot verskeidenheid kossoorte by jou

Hoe moet die foto’s geneem word vir die Nuwe Jy-program?

“Jy kan die foto’s met ’n selfoon neem: – Neem vollyf (jou kop en voete moet sigbaar wees) – Neem van voor en van die kant – Maak seker jy is goed belig en duidelik sigbaar. – Dra verkieslik noupassende klere, soos ’n ski-pant en noupassende T-hemp.”

Ek wou inskryf vir die Nuwe Jy-program, maar die vorm is nie meer beskikbaar nie.

Stuur asseblief so gou moontlik ’n e-pos na [email protected], ons sal jou help om die inskrywing te voltooi.

Ek het al die stappe gevolg en ingeskryf vir die Nuwe Jy-program. Wanneer hoor ons wie die finaliste is?

Die finaliste word op die Facebookgroep aangekondig; dis gewoonlik teen die einde van April.