Argiewe: FAQs

Shape Image One

Wie mag deel wees van die geslote Facebook-groep?

Slegs diegene wat ingeskryf en betaal het om aan die 60 dae-uitdaging deel te neem.

Hoe groot moet die foto’s wees?

Kleiner as 2 MB

In watter formaat moet die foto’s wees wat ek oplaai?

Jpeg is piekfyn

Hoe moet die foto’s geneem word?

“Jy kan die foto’s met ’n selfoon neem: – Neem vollyf (jou kop en voete moet sigbaar wees) – Neem van voor en van die kant – Maak seker jy is goed belig en duidelik sigbaar – Dra verkieslik noupassende klere, soos ’n ski-pant en noupassende T-hemp.”

Wie sien hierdie foto’s?

“Die Voelgoed-span. Indien jy die foto’s op die geslote Facebookgroepbladsy laai, sal die lede van daardie groep ook die foto’s sien. Indien jy gekies word vir die Nuwe Jy-program sal die foto’s ook op Voelgoed Media se sosialemediaplatforms, webwerf en YouTube-kanaal verskyn. “

Hoekom moet ek foto’s oplaai?

Die rol van die foto’s is tweeledig. Dit gaan jou help om te sien hoe goed jy gevorder het tydens die 60 dae-uitdaging. Verder help die foto’s die span om geskikte kandidate te kies vir die Nuwe Jy-program.