Argiewe: FAQs

Shape Image One

Hoeveel vroue word gekies vir die Nuwe Jy-program?

Twintig vroue wat die 60 dae-uitdaging voltooi het, en wat daarna ook ingeskryf het vir die Nuwe Jy-program word deur die Voelgoedspan gekies om ‘n aanlyn onderhoud by te woon. Uit hierdie 20 sal 10 gekies word vir die Nuwe Jy-program.

Hoe skryf ek in vir die Nuwe Jy program?

Die Voelgoedspan sal vir almal wat ingeskryf het vir die 60 dae-uitdaging ’n e-pos stuur met ’n skakel na die inskryfvorm. Jy moet vollyffoto’s van jouself neem van voor en van die kant en dit ook invoeg. Beantwoord al die vrae volledig en dien jou inskrywing in voor of op 2 April.

Wat behels die Nuwe Jy-program?

“Die Nuwe Jy-selfverbeteringsprogram fokus op holistiese gesondheid, gewigsverlies, persoonlike groei en selfvertroue. Almal wat goeie vordering gemaak het tydens die 60 dae-uitdaging, kan inskryf vir die Nuwe Jy-program. Twintig vroue word genooi na ’n aanlyn onderhoud en tien word gekies om intensief aan die werk te spring. Daar is ook ’n kompetisie-element waartydens 4 vroue

Waarom word private WhatsApp-groepe nie toegelaat nie?

Ons Facebookgroep is vir ondersteuning en sodat ons elkeen kan bystaan. Ons neem nie verantwoordelikheid vir enige Whatsappgroep wat benewens die geslote groep gestig word nie.

Wat is die reëls van die geslote Facebook-groep?

“Die Facebookgroep is slegs vir lede wat aan die 60 dae-uitdaging deelneem. Die doel daarvan is om mekaar te ondersteun deur die loop van die uitdaging. Negatiewe en afbrekende kommentaar word nie toegelaat nie. Bemarking van produkte/dienste word nie toegelaat nie. Indien jy bewus is van iemand wat produkte verkoop of adverteer, vra ons dat

Hoe kan ek aansluit by die Facebook-groep?

Die Voelgoed-span sal vir alle deelnemers ‘n skakel stuur waarop jy kan kliek. Jou aansoek sal pending wees tot die span jou accept.