Argiewe: FAQs

Shape Image One

Kan ek in die middag ’n hoenderslaai maak met my proteïene en dan ‘n mengelslaai daarby voeg?

Ja, dis 100% reg as jy dit so doen – maak seker jy hou by die porsiegroottes soos aangedui op jou plan.

Mag ’n mens al jou proteïene met een ete eet?

Ons beveel dit glad nie aan nie, omdat proteïene jou help om versadig te bly en help om jou bloedsuiker te kontroleer. ’n Klein bietjie proteïene met elke ete is die gesondste manier van eet.

Mag ek die vetporsie skuif om later te eet?

Ja, jy kan die vet in jou eetplan rondskuif soos dit vir jou die beste werk elke dag. Jy mag egter nie die vetporsie oorskuif na die volgende dag nie.

Ons hoofmaal is in die aand. Wat kan ek in die middae in vleis se plek eet?

Jy kan smiddae die proteïen vervang met ’n velletjie kaas (30 g) OF 2 velletjies ham (30 g) OF 1 gekookte eier (40 g). As alternatief kan jy die proteïenporsie van die middag tydens aandete eet en dus ’n groter proteïenporsie eet.

Mag ek ’n proteïen uitruil vir ’n stysel?

Nee, stysel kan net vir stysel geruil word en proteïene vir proteïene. Die voedingswaarde verskil en jy het albei nodig. Vir die beste resultate moet jy by die eetplan hou soos dit voorgeskryf is.

Mag ek jogurt as ’n proteïen eet, en hoeveel?

Jogurt bevat wel proteïene, maar dit val in die suiwel- (melk) groep. Hierdie groep kosse bevat kalsium wat belangrik is vir jou beengesondheid. Onthou om vetvrye of laevetmelk of -jogurt te kies. Een jogurtporsie is 100 ml. Jy het ook ander bronne van proteïene nodig, soos vis, hoender of rooivleis, wat weer ander voedingstowwe verskaf