Mag ek jogurt as ’n proteïen eet, en hoeveel?

Shape Image One

Jogurt bevat wel proteïene, maar dit val in die suiwel- (melk) groep. Hierdie groep kosse bevat kalsium wat belangrik is vir jou beengesondheid. Onthou om vetvrye of laevetmelk of -jogurt te kies. Een jogurtporsie is 100 ml. Jy het ook ander bronne van proteïene nodig, soos vis, hoender of rooivleis, wat weer ander voedingstowwe verskaf soos yster en omega-3-vetsure. Ons beveel nie aan dat jy jou ander proteïene met melk of joghurt vervang nie.

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui