Is daar ’n eetplan vir vegans?
Die huidige plan is nie aangepas vir vegans nie omdat dit ’n totaal ander eetplan en voedselkeuselys behels. Stuur asseblief ’n e-pos na [email protected] vir meer inligting.
Die huidige plan is nie aangepas vir vegans nie omdat dit ’n totaal ander eetplan en voedselkeuselys behels. Stuur asseblief ’n e-pos na [email protected] vir meer inligting.
Jy is heeltemal reg, daar is nie tans vegetariese opsies nie. Stuur asseblief ’n e-pos na [email protected] vir meer inligting.
Jy is honger ná jou oefensessie omdat jy energie verbruik wanneer jy oefen. Baie dikwels dink ons ook ons is honger terwyl ons net dors is. Drink water ná jou oefensessie en moenie eet tot ’n uur ná jou oefening nie.
Vir vetverbranding is die heel beste tyd om vroeg soggens op ’n leë maag te oefen (mits jy nie bloedsuikerprobleme het nie). As jy baie stres ervaar, is oefening ná werk in die middag ’n goeie uitlaatklep.
Studies het twee baie belangrike feite na vore gebring: 1. Vir gewigsverlies tel jou dieet 80% en oefening 20%. Deur minder te eet en jou kilojoules te beperk sal jy dus gewig verloor. 2. Mense wat egter oefen terwyl hulle gesonder eet, en oefening deel van hulle leefstyl maak, hou hulle gewig af en hulle
Dis belangrik om minstens 4-5 keer per week te oefen. As jy baie fiks is, kan jy die oefenvideo’s twee maal doen of selfs soggens en saans. Maak seker jy doen die oefening soos op die video en onthou om vooraf op te warm.