Sal dit ’n groot verskil maak in my gewigsverlies as ek nie oefen nie en slegs reg eet?

Shape Image One

Studies het twee baie belangrike feite na vore gebring:
1. Vir gewigsverlies tel jou dieet 80% en oefening 20%. Deur minder te eet en jou kilojoules te beperk sal jy dus gewig verloor.
2. Mense wat egter oefen terwyl hulle gesonder eet, en oefening deel van hulle leefstyl maak, hou hulle gewig af en hulle is minder geneig om weer later gewig op te tel.
Oefening het talle ander voordele soos om stres te verminder, spiere te bou wat beweging vergemaklik en beserings voorkom indien jy sou val. Meer spiere beteken ook dat jou metabolisme vinniger is en dat jy sodoende meer energie verbrand in ’n rustende toestand.
So al stap jy net elke dag vir 30 minute, beweeg! Dis baie goed vir jou fisieke en emosionele gesonheid.

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui