Argiewe: FAQs

Shape Image One

Mag ek ’n vrug uitruil vir ’n vrugterol?

Ja, solank dit nie in suiker gerol is nie. 30 g gedroogte vrugte tel as een vrugteporsie.

Ek is uitgenooi vir paella vanmiddag! Mag ek die prawns en calamari eet as vis?

Ja, paella is relatief gesond – solank dit met die minimum olie gaargemaak word. Die vis, calamari, rys, uie en ertjies is alles toelaatbaar in die eetplan.

Mag ons suikervrye jellie met suikervrye vla eet?

Suikervrye jellie is toelaatbaar, maar NIE suikervrye vla nie.

Watter versoeters mag ons gebruik?

Xylitol en aspartaam. Clicks & Canderel het Xylitol-versoeters, gewone Canderel is ook toelaatbaar, asook Equisweet Sucralose van Huletts en Selati.

Kan ek my vleis vervang met kaas?

Ja, jy kan die rooivleis met kaas vervang, die porsiegrootte sal dieselfde wees. Aangesien vleis, vis en hoender egter ander voedingstowwe bevat wat jou liggaam broodnodig het, beveel ons aan dat jy eerder by die eetplan bly soos dit voorgeskryf is.

Mag mens calamari-steak eet i.p.v. vis?

Ja, jy kan, maar die porsie is kleiner 120 g vis = 100 g gaar calamari. Moenie die calamari in krummels in olie braai nie.