Argiewe: FAQs

Shape Image One

Kan ek die hoeveelhede minder maak as die kos te veel is vir my?

Die eetplan is deur ’n gekwalifiseerde dieetkundige ontwikkel, volgens jou gewig en verskaf al die voedingstowwe wat jy nodig het vir optimale gesondheid. Die risiko bestaan dat jy laataand of tussen etes honger sal raak indien jy te min eet, wat daartoe kan lei dat jy dan aan ongesonde kosse peusel. Probeer dus by die

Ek hou baie van hoenderlewertjies. Is dit toelaatbaar?

Nee. Orgaanvleis, soos lewer en niertjies, bevat baie vet, en word nie tydens die 60 dae-uitdaging toegelaat nie.

Is volroomjoghurt nie toelaatbaar nie?

Volroomjogurt bevat baie vet. Produkte wat baie vet bevat, kan gewigstoename bevorder. Ons beveel aan dat jy eerder laevetjogurt tydens die 60 dae-uitdaging eet. Probeer vrugte saam met die jogurt eet vir ’n beter smaak.

Kan ons vrugtesap of Grapetiser en Appletiser drink?

Hoewel vrugtesap (ook Apple- en Grapetiser) voorheen ’n opsie in die voedselkeuselys was, beveel ons dit nie aan nie, vanwee die hoë glisemiese indeks. Glisemiese indeks verwys na hoe vinnig iets wat jy inneem jou bloedsuikervlakke beÏnvloed. Kosse met ’n hoë glisemiese indeks word vinnig verteer en veroorsaak dat jou bloedsuikervlakke vinnig styg. Dit veroorsaak

Mag ons boerewors eet?

Boerewors word nie toegelaat in die 60 dae-uitdaging nie omdat dit baie vet bevat.

Mag ek spek eet as ’n proteïen?

Dis beter om nie spekvleis (bacon) te eet tydens die 60 dae-plan nie, dis baie hoog in sout, nitriete en nitrate. As jy dit wel doen, is een repie gelyk aan een VET porsie.