Kan ons vrugtesap of Grapetiser en Appletiser drink?

Shape Image One

Hoewel vrugtesap (ook Apple- en Grapetiser) voorheen ’n opsie in die voedselkeuselys was, beveel ons dit nie aan nie, vanwee die hoë glisemiese indeks. Glisemiese indeks verwys na hoe vinnig iets wat jy inneem jou bloedsuikervlakke beÏnvloed. Kosse met ’n hoë glisemiese indeks word vinnig verteer en veroorsaak dat jou bloedsuikervlakke vinnig styg. Dit veroorsaak dat jy vinniger weer honger raak en kan ook moegheid veroorsaak. Kosse met ’n lae glisemiese indeks daarenteen vat langer om te verteer en neem langer om bloedsuikervlakke te laat styg. Dit hou jou dus langer versadig en stel geleidelik energie deur die dag vry om moegheid te voorkom. Daarom beveel ons eerder heel vars vrugte aan as vrugtesap. As jy regtig nie ’n ander keuse het nie, kan jy vrugtesap saam met ’n ete drink, want in kombinasie met proteïen sal die fluktuasie in bloedsuikervlakke minder wees. 180 ml vrugtesap is gelyk aan een porsie vrugte.

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui