Wat kan ek doen as ek ’n plato bereik, en nie verder gewig verloor nie?

Shape Image One

Gewigsverliesplato’s kan frustrerend en demoraliserend wees. Dit is egter ’n normale deel van die gewigsverliesproses. Trouens, byna almal ervaar dat hulle gewig op ’n sekere punt op hul gewigsverliesreis stilstaan. Maak seker jy slaap goed en hou jou stresvlakke onder beheer. Te veel stres veroorsaak verhoogde kortisolvlakke wat gewigsverlies belemmer. Dis ook belangrik om te oefen – probeer gerus hoë-lae intensiteit interval-oefening – dis uitstekend vir vetverbranding. Laastens kan jy probeer om vanaf 18:00 saans tot 09:00 soggens glad nie te eet nie en om al jou groente rou te eet. Die belangrikste is dat jy nie moedeloos raak nie en dat jy by jou eetplan en oefenprogram hou.

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui