Argiewe: FAQs

Shape Image One

Hoekom word kiwi, druiwe, waatlemoen en spanspek nie aanbeveel nie?

Druiwe, kiwi, waatlemoen en spanspek het ’n hoë glisemiese indeks. Glisemiese indeks verwys na hoe vinnig ’n kossoort jou bloedsuiker vlakke beïnvloed. Kos met ’n hoë glisemiese indeks word vinnig in die maag verteer en veroorsaak dat jou bloedsuikervlakke vinnig styg. Dit veroorsaak dat jy vinniger weer honger raak en kan ook moegheid veroorsaak. Kosse

Mag ek All Bran met Corn Flakes vervang?

Bly by die voorgestelde ontbytkosse wat in die eetplan ingesluit word. Corn Flakes is laer in vesel as die voorgestelde ontbytgrane en is nie so vullend nie.

Mag ek tamatiesous gebruik?

Afhangend van die soort tamatiesous wat jy gebruik, sal die suikerinhoud verskil. Ons raai jou dus aan om nie tydens die 60 dae-uitdaging daarvan te gebruik nie. 75 ml tamatie-en-uiesmoor is gelyk aan een porsie groente, gebruik eerder dit.

Mag ’n mens blatjang (chutney) eet?

Blatjang (chutney) het baie suiker in. Ons raai jou dus aan om tydens die 60 dae-uitdaging nie daarvan te gebruik nie.

Kan ons ook heuning gebruik in ons kos?

Heuning en stroop het baie suiker in. Ons beveel dus nie aan dat jy dit tydens die 60 dae-uitdaging gebruik nie.

Mag ek warmsjokolade (hot chocolate) drink?

Warmsjokolade (hot chocolate) word nie by die 60 dae-dieet ingesluit nie omdat dit ’n hoë suikerinhoud het. ’n Alternatief vir suikervrye warmsjokolade is: 1 eetlepel unsweetened cocoa powder, versoeter na smaak (bv. xylitol), 1 teelepel vanieljegeursel, 25 ml melk (deel van jou daaglikse 125 ml), en 1 koppie water.