Argiewe: FAQs

Shape Image One

Kan ons haloumikaas eet?

Nee, haloumikaas is nie toelaatbaar nie – dit het baie vet in.

Mag ons Futurelifepap eet? Ek sien jy kan ’n melkskommel daarvan maak.

Vermy Futurelife terwyl jy op die 60 dae-uitdaging is, dit word nie toegelaat nie.

Ek gebruik glad nie melk nie, mag ek dit uitruil met amandelmelk?

Ja, jy mag amandelmelk gebruik – 300 ml is ’n porsie.

Mag ons cereal bars en protein bars eet?

Vermy cereal bars en protein bars tydens die 60 dae-uitdaging. Daar is net te veel verskillende variante en dit is dikwels hoog in kilojoules.

Mag ek lam- en skaapvleis eet?

Nee, want dit is te hoog in vet. Maar eiers, hoender, kalkoen, maer beesvleis, vis, maer varkvleis en volstruis of wildsvleis is toelaatbaar.

Mag ek muesli eet wat uit sade en neute bestaan?

Daar is ’n groot verskeidenheid muesliprodukte op die mark. Hoewel muesli baie vesel en ander voedingstowwe bevat, is dit ook dikwels versoet en bevat dit neute wat die energiewaarde daarvan baie hoog maak. Om hierdie rede is die porsie wat jy kan eet daarvan baie klein. Indien jy ernstig is daaroor om gewig te verloor,