Argiewe: FAQs

Shape Image One

Is die gewig van vleis, vis en hoender in die eetplan soos dit aangedui is rou of gaar geweeg?

Die gewig van vleis-, hoender- en visporsies is gaar.

Hoekom moet ons die kos afweeg?

Porsiegrootte is kardinaal belangrik om te verseker dat jy genoegsame kos inneem sodat jy nie honger word nie en om aan jou voedingsbehoeftes te voldoen, maar ook om te verseker dat jy nie te veel eet nie en steeds gewig verloor. Die mees effektiewe manier om porsiegrootte te beheer is om jou kos af te

Hoe weet ek hoeveel kilojoules die plan waarop ek is, verskaf?

Die kilojoules is uitgewerk deur ’n dieetkundige en is voldoende vir die hoeveelheid gewig wat jy wil verloor. Die deelnemers se sukses in die verlede het al deur en deur bewys dat die plan werk. Maak seker jy eet al die kos wat per dag voorgeskryf word en dat jy elke dag 6-8 glase water

Hoeveel is die maksimum kilojoules of kalorieë per dag?

Al die planne is deur ’n gekwalifiseerde dieetkundige uitgewerk, na aanleiding van die gewig wat jy wil verloor. As jy al die kos op die plan eet volgens die korrekte gewig sal jy voldoende energie en voedingstowwe inneem. Moenie jou verder oor die kilojoules of kalorieë bekommer nie.

Wat gebeur as ek te min eet? Kan dit negatiewe effek op my gewigsverlies hê?

Ja, wanneer jy te min eet word jou metabolisme, of die tempo waarteen jy energie verbruik of vet verband, stadiger. Jy sal dus stadiger gewig verloor of selfs ophou verloor wanneer jy te min eet. Die eetplan is ook ontwikkel om aan al jou voedingsbehoeftes te voldoen. Dus kan jy onvoldoende proteïene, koolhidrate, vitamiene, minerale

Soms voel die kos te veel vir my!

Maak seker dat jy ’n verskeidenheid van kosse eet en al die voedselgroepe by elke ete insluit volgens die eetplan. As jy kleiner porsies eet is dit in orde – solank jy nie heeltyd honger voel nie. Indien jy in die aand honger voel of lus kry om te peusel, kan jy dalk ’n bietjie