Is die 60 dae-eetplan geskik vir almal?

Shape Image One

Die 60 dae-eetplan(ne) is spesifiek vir VROUE ontwikkel wat gewig wil verloor en wat nie spesifieke gesondheidskwale het nie. Dis nie geskik vir mans of kinders nie, hoewel die soort kosse deur mans en kinders geëet kan word, maar die porsiegroottes is spesifiek vir vroue geformuleer. Dis ook nie geskik vir vroue met verhoogde energiebehoeftes nie, soos swanger en borsvoedende vroue of vroue wat aan hoë intensiteit sport deelneem of wat aan kompeterende sport deelneem nie. Vroue met spesifieke gesondheidsprobleme soos byvoorbeeld voedselallergieë, kanker, artritis, nierkwale, lewerkwale, ens, moet ‘n dieetkundige raadpleeg voor hulle die 60 dae-uitdaging eetplan volg.

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui