Is biltong ’n goeie peuselhappie?

Shape Image One

Biltong is hoog in vet (al sien jy dit nie met die blote oog nie – dis vasgele in die spier) en ’n mens eet baie maklik te veel daarvan omdat dit droog is. Die ideaal is dat jy slegs drie etes per dag eet en nie tussen maaltye en ná ete saans peusel nie. Sodoende kry jou liggaam en spysverteringskanaal kans om te rus en te herstel tussen etes; dit beveg ook inflammasie. As jy regtig tussen-in moet eet is dit beter om vars groente te kies, soos wortels, seldery, komkommer, soetrissie of kersietamaties.

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui