Ek is op Plan D. Kan ek die Splinternuwe Jy Proteïen Dieetskommel as ’n plaasvervanger vir aandete gebruik?

Shape Image One

Jy kan die Splinternuwe Jy Proteïen Dieetskommel as maaltydplaasvervanger (vir die proteïene en stysel) op jou plan gebruik met aandete.

Vir Plan D doen jy dit soos volg:

Meng 45 g (75 ml) van die Splinternuwe Jy Proteïen Dieetskommelpoeier met 300 ml water en skud goed.

Eet daarmee saam die volgende:

2 vrugteporsies EN 2 groenteporsies EN 1 porsie uit die bone-/neute- en sadegroep EN 1 vetporsie

(kies dit uit die koskeuselys).

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui