Wat kan ek doen om beter te slaap?

Shape Image One

“Maak seker jy oefen nie later as 18:00 saans nie.
Besluit hoe laat jy saans gaan slaap en hou daarby. ’n Slaapritme is van onskatbare waarde! Gaan byvoorbeeld elke aand op dieselfde tyd kamer toe (21:30) en lees ʼn bietjie tot jy vaak voel. Dan sit jy jou lig af teen 22:30 en probeer slaap.
Jou kamer moet PIKdonker wees. As dit moet kan jy blockout-gordyne aankoop – dit werk soos ’n bom!
Jou kamer moet KOEL wees as jy gaan slaap – 18 ̊C is ideaal
Moenie ʼn warm stort of bad neem net voordat jy gaan slaap nie. Jou liggaam moet afkoel voordat jy gaan slaap. So as jy wil bad of stort, doen dit 2 uur voordat jy gaan slaap.
GEEN skerms ʼn uur voordat jy gaan slaap nie (dit beteken geen TV/selfoon/tablet /rekenaar nie). Jy mag wel ’n storieboek lees voordat jy gaan slaap solank dit nie ’n storie is wat jou bang maak of stres veroorsaak nie. Ek stel voor jy lees Bybel of ’n mooi liefdesverhaal of selfs gedigte.
Laastens kan jy ’n uur voor slaaptyd ’n kalsium- en magnesiumtablet gebruik. Dit help ook dat jy beter sal slaap. Jy kan dit selfs met ʼn halwe glas vetvrye melk drink.
Moenie ná 15:00 in die middag jou multivitamien neem nie.
Vermy alle kafeïen – dit sluit in koffie, tee en energiedrankies of stimulante (soos Bio-plus of ander opkikkers).
As jy al die bogenoemde doen vir twee weke en steeds nie kan slaap nie, stel ek voor jy laat jou hormone toets. Menopause kan enige tyd vanaf 40 intree, en dit opsigself kan ook slaaploosheid veroorsaak.
En dan moet jy natuurlik jou stres bestuur. Journal, bid en gee jou bekommernisse vir die Here. As jy gedoen het wat jy kan, moet jy Hom vertrou om die res te doen.”

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui