Wat behels die Nuwe Jy-program?

Shape Image One

“Die Nuwe Jy-selfverbeteringsprogram fokus op holistiese gesondheid, gewigsverlies, persoonlike groei en selfvertroue.
Almal wat goeie vordering gemaak het tydens die 60 dae-uitdaging, kan inskryf vir die Nuwe Jy-program. Twintig vroue word genooi na ’n aanlyn onderhoud en tien word gekies om intensief aan die werk te spring. Daar is ook ’n kompetisie-element waartydens 4 vroue uitgestem word tydens die Nuwe Jy-program om uiteindelik ’n finale top-6 aan te wys. Al 10 vroue kom egter in aanmerking vir die Nuwe Jy-leserskeusetoekenning en word genooi na die Nuwe Jy-fees in Oktober.
Die produkte en dienste wat gebied word tydens die program is onder meer:
Slender Wonder se produkte en eetplan;
Velsorg-produkte;
’n Besoek aan I Love My Smile, vir skitterwit tande;
Twee sessies met die sielkundige Catherine van Heerden.
Al die bogenoemde is gratis vir die 10 deelnemers. “

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui