Hoe werk die voedselkeuselys?

Shape Image One

Op jou eetplan (A, B, C of D) is stysel-, groente-, vrugte-, vet- en melkporsies aangedui. Jy kan dan in die voedselkeuselys die opsie/s kies wat jy graag wil eet. So sal jy byvoorbeeld All Bran-vlokkies uit die styselgroep vir ontby kies, maar vir aandete dalk pasta. Probeer om ’n groot verskeidenheid kossoorte by jou eetplan in te sluit. Daar is nie ’n ruilsisteem vir die proteïengroep nie, wat beteken dat jy vleis of vis of eiers of hoender moet eet soos dit op jou plan aangedui is.

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui