Argiewe: FAQs

Shape Image One

Is dit oukei om koffie en tee te drink?

Ja, jy mag tee en koffie drink. Gebruik jou daaglikse melktoelaag om oor jou pap te eet of in koffie en tee te gebruik. Onthou dat koffie en tee (en ook groentee) kaffeïen bevat wat slaap kan affekteer. Daarom beveel ons aan dat jy geen kafeïen inneem ná 16:00 bedags nie. Koffie en tee kan

Mag ek alkoholiese drankies drink?

“Indien jy ernstig is oor gewigsverlies en graag goeie resultate wil bereik, beveel ons aan dat jy alkohol heeltemal uitsny tydens die 60 dae-uitdaging. As alternatief kan jy dalk suikervrye tonic water drink. Gooi dit in ‘n mooi glas met ys en bloubessies of vars gesnyde lemoenskyfies. “

Mag ek sodawater of vonkelwater (sparkling water) drink?

Jy mag sodawater drink, maar moenie meer as 500 ml sodawater drink per dag nie. Water is ’n baie goeie keuse – hou by die aanbevole hoeveelheid water per dag.

Is dit moontlik dat ek te veel water inneem en dat dit my gewig kan laat optel?

As jou niere en hart normaal funksioneer sal jy al die vog wat jou liggaam nie nodig het nie, uitskei en sal jou waterinname nie jou gewig beinvloed nie. Te veel water kan wel waardevolle minerale uit jou liggaam was en jou lighoofdig laat voel.

Ek hou niks van water nie, wat kan ek drink in die plek daarvan?

Jy kan rooibostee (koud of warm) drink, sonder melk of uit jou daaglikse melktoelaag. Vonkelwater (sparkling water) en sodawater is ook toelaatbaar, maar net ongeveer 500 ml per dag. Om water vir jouself lekkerder te maak, kan jy dit yskoud drink met vars suurlemoen, komkommer, mentblare of aarbeie daarin. Drink klein hoeveelhede op ‘n slag,

Wat maak ek as ek begin naar word vir water?

Drink jou water yskoud met ’n bietjie vars suurlemoen. Hou ’n bottel op jou tafel en drink bietjie vir bietjie. ’n Hele glas net so gaan jou dalk naar laat voel. Dis lekkerder met vars vrugte soos aarbei of bloubessies in. Moenie dadelik begin met 8 glase water as jy nie daaraan gewoond is nie.