Kan ek die hoeveelhede minder maak as die kos te veel is vir my?

Shape Image One

Die eetplan is deur ’n gekwalifiseerde dieetkundige ontwikkel, volgens jou gewig en verskaf al die voedingstowwe wat jy nodig het vir optimale gesondheid. Die risiko bestaan dat jy laataand of tussen etes honger sal raak indien jy te min eet, wat daartoe kan lei dat jy dan aan ongesonde kosse peusel. Probeer dus by die eetplan hou, en weeg die porsies af. Eet altyd eerste jou groente, vrugte en proteïene en daarna stysel en vet. As die hoeveelhede steeds te veel is, kan jy die porsies kleiner maak, maar eet steeds van elke voedselgroep en probeer ’n verskeidenheid eet.

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui