Hoekom word kiwi, druiwe, waatlemoen en spanspek nie aanbeveel nie?

Shape Image One

Druiwe, kiwi, waatlemoen en spanspek het ’n hoë glisemiese indeks. Glisemiese indeks verwys na hoe vinnig ’n kossoort jou bloedsuiker vlakke beïnvloed. Kos met ’n hoë glisemiese indeks word vinnig in die maag verteer en veroorsaak dat jou bloedsuikervlakke vinnig styg. Dit veroorsaak dat jy vinniger weer honger raak en kan ook moegheid veroorsaak. Kosse met ’n lae glisemiese indeks vat langer om te verteer en neem langer om bloedsuikervlakke te laat styg. Dit hou jou dus langer versadig en stel geleidelik energie deur die dag vry om moegheid te voorkom. Daarom beveel ons vrugte aan wat ’n lae glisemiese indeks het en nie vrugte soos druiwe, kiwi, waatlemoen of spanspek nie. As jy regtig hou van hierdie soort vrugte, kan jy dit direk ná ’n ete eet, want in kombinasie met proteïen sal die fluktuasie in bloedsuikervlakke minder wees.

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui