Hoekom is ek doodmoeg?

Shape Image One

“Dis nogal moeilik om hierdie vraag te beantwoord, want daar kan baie redes wees vir moegheid.
Eet jy gereeld en eet jy genoeg? Lae bloedsuiker kan moegheid veroorsaak.
Oefen jy skielik meer as gewoonlik? Dan sal jy dalk moeër wees, maar namate jy fiks word, sal die moegheid verdwyn.
Slaap jy goed of word jy dikwels wakker in die nag?
Het jy baie stres by die huis of werk?
Dis heeltemal normaal om moeg te voel wanneer jy ’n nuwe gesonder manier van eet begin en skielik meer aktief is.
Hou vol met die eetplan en oefenplan. Die moegheid behoort binne ’n paar dae beter te wees.
Koffie behoort jou eerder meer wakker te laat voel.
AS jy ná ’n week steeds doodmoeg is, kan jy ’n e-pos stuur na [email protected]

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui