Hoe werk die verskillende eetplanne? Moet ’n mens nie minder eet as jy baie gewig het om te verloor nie? Dit lyk of die kos op plan D meer is as plan A?

Shape Image One

Jou daaglikse energiebehoefte (kilojoules of kalorieë) op die eetplan sal afhang van hoeveel gewig jy wil verloor. As jy swaarder weeg, kan jy meer eet, want hoe swaarder jy is, hoe meer energie het jou liggaam nodig. So sal jy dan van byvoorbeeld plan D geleidelik vorder na plan C en B, soos jy gewig afskud. Moenie te veel bekommer oor die kilojoules nie, eet net volgens die plan wat jy volg, dis perfek uitgewerk vir effektiewe, gesonde gewigsverlies.

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui