Hoe weet ek wat ’n gesonde gewig vir my is?

Shape Image One

“Daar is 3 maklike maniere om vas te stel of jou gewig en vorm binne gesonde grense val. Dit is belangrik om nie net na gewig te kyk nie, maar ook na die verspreiding van vet in die liggaam

1. Liggaamsmassa-indeks / LMI – deel jou gewig (kg) deur jou lengte (in meter) kwadraat / [kg/m2]
As jy byvoorbeeld 75 kg weeg en jy is 1,60 m is die antwoord 29. Jou LMI is 29.
Dit is hoe om dit te interpreteer:
LMI > 25 is te hoog en word geassosieer met gesondheidsrisiko’s.
LMI 19 tot 24 is binne ’n gesonde reeks.
LMI <19 is te laag en word geassosieer met gesondheidsrisiko’s.
Hou in gedagte dat LMI nie ’n goeie indikasie is in individue wat ‘n hoë spierpersentasie het nie (byvoorbeeld liggaamsbouers, mense wat spierkragoefening doen, ens.)

2. Nog ’n waarde wat jy moet ken, is jou middel:heup-verhouding:
Meet jou middel- en heupomtrek. Bereken dan jou middel:heup-verhouding. Vir vroue moet dit <0.85 wees. Byvoorbeeld, as jou middel 75 cm is en jou heup (wydste deel) 100 cm is, sal jou berekening 75/100 = 0.75 wees, en dus binne ’n gesonde omvang.

3. Hou ook in gedagte dat ’n middelomtrek onder 81 cm vir vroue gesond is, maar met elke sentimeter wat dit verhoog, kan dit ook jou risiko vir leefstylsiektes laat toeneem. ’n Middelomtrek bo 88 cm kan jou kanse op diabetes en hartsiektes verhoog.

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui