Jy kan rooibostee (koud of warm) drink, sonder melk of uit jou daaglikse melktoelaag. Vonkelwater (sparkling water) en sodawater is ook toelaatbaar, maar net ongeveer 500 ml per dag. Om water vir jouself lekkerder te maak, kan jy dit yskoud drink met vars suurlemoen, komkommer, mentblare of aarbeie daarin. Drink klein hoeveelhede op ‘n slag, maar probeer tog om water te drink –dis baie goed vir jou!