Onthou cravings word beïnvloed deur stresvlakke, hoeveelheid slaap, oefening, hormone, en medikasie. Maak seker jy slaap saans ongeveer 7 uur en volg die 60 dae-uitdaging se oefenprogram. Dill-agurkies (ongeveer 50 g per dag) kan help of drink ’n glas water met vars suurlemoen daarin. Jy kan ook ‘’n pienk Himalayan-soutkristal suig om die soutlus te beheer – maar nie meer as een ‘n dag nie.