As ons werklik tot ’n sierboompie wil deurdring, moet ons die volgende riglyne volg:
’n Sierboompie luister na hoe ons praat (die emosie), en nie net na wat ons sê nie. Ons moet dus baie rustig en vriendelik kommunikeer.
Sierbome sukkel soms om net te luister en wil graag soveel moontlik op skrif hê.
Praat rustig en moet hulle nie te veel aanjaag nie, want sierboompies wil graag alles goed doen en het tyd daarvoor nodig.
Sierboompies wil voel hulle word waardeer, en dat jy verstaan dat jou verwagtinge vir hulle moeite of inspanning gaan kos. Sê dus asseblief en dankie.
Sierboompies moet alles in die fynste besonderhede verstaan.
Dra jou begrip vir die emosies wat sierbome beleef oor deur te sê: “Ek besef hierdie opdrag (of straf of versoek of woorde) laat jou _________________________ voel.”
Pasop vir alle sêgoed wat ’n sierboompie se diep emosies en ervarings kan afskiet.
Onthou dat sierboompies net die negatiewe hoor. Moet dus nooit komplimente met kritiek opvolg nie. Gee jou kompliment en weerstaan die versoeking om die klein bietjie kritiek daarby aan te las. Hanteer die kritiek later sensitief, as jy moet.
Sierboompies neem dinge maklik persoonlik op en is daarom baie sensitief vir beskuldigings. Wees dus seker van jou feite en praat privaat met hulle wanneer jy dink hulle is skuldig.
As sierboompies iets aanvang wat ons nie van hulle verwag nie, moet ons nie oorreageer nie. Vra eerder vrae om beter te verstaan.
Sierboompies word dikwels kwaad wanneer hulle gekritiseer word en kan dan vlymskerp reageer om jou ook te probeer seermaak.
Ons kan niks leliks terugtrek wat ons vir hulle gesê het nie, want sierboompies onthou alles! Wanneer ons teen hulle uitgevaar het, in hulle karakter ingeklim het of onredelik was, moet ons teruggaan en om verskoning vra.
Moenie baie praat wanneer ’n sierboompie emosioneel is nie – hulle word sommer kwater! Gee tyd en ruimte en praat later.
Sierboompies is baie sensitief vir stilstuipe, want hulle vul die spasies in. Kry jouself minstens sover om te sê: “Ek sal later vir jou sê hoe ek voel, gee my net tyd.” Dit help hulle om te wag vir die waarheid en nie so op hol te gaan nie. Dit leer hulle ook ’n manier om hulle reaksies uit te stel totdat hulle minder emosioneel is.
Opgesom:
Wees kalm.
Wees spesifiek.
Wees saaklik.
Wees bereikbaar vir hulp.
Wees waarderend vir hulle pogings.
Hoe kan ons beter na ons sierboompies luister?
Onthou die emosionele stortvloed is sierboompies se styl – as die storie deurmekaar is, luister na die hart.
Sierboompies sien al die detail as ewe belangrik, wees dus maar geduldig terwyl hulle die bobbejaan agter die bult gaan haal.
Vra hulle om op te som wat hulle alles gesê het wanneer jy nie volg nie, maar moenie afskakel nie.
Sierboompies kan onmiddellik voel wanneer jy krities of skepties is oor wat hulle sê en dan raak hulle op hulle hoede. Dit maak dat hulle nie verder hulle hart wil oopmaak nie.
Verstaan dat wanneer ’n sierboompie so baie detail vrae het, dit nie wantroue in jou beteken nie.
Sierboompies kla graag en het gewoonlik ’n heel aparte kermstem vir sulke geleenthede. Jy mag nooit na daardie stemmetjie luister nie, anders word hy permanent.
Wees bedag op sierboompies se geheime wapen – hulle gebruik emosionele kerm en beskuldigings van onreg om ouers te manipuleer.
Opgesom:
Sif en soek die kern.
Wees versigtig vir kritiek.
Wees geduldig.
Wees bedag op manipulasie.
Hierdie webtuiste gebruik cookies
Hierdie webtuiste gebruik cookies om ons te help om die beste diens te lewer. Wanneer jy hierdie webtuiste besoek, gee jy toestemming vir die gebruik daarvan. Vir meer inligting, kyk asseblief na die bepalings en voorwaardes in ons beleid. Cookie stellingsAanvaar
Bepalings en Voorwaardes
Privacy Overview
This website uses cookies to improve your experience while you navigate through the website. Out of these, the cookies that are categorized as necessary are stored on your browser as they are essential for the working of basic functionalities of the website. We also use third-party cookies that help us analyze and understand how you use this website. These cookies will be stored in your browser only with your consent. You also have the option to opt-out of these cookies. But opting out of some of these cookies may affect your browsing experience.
Necessary cookies are absolutely essential for the website to function properly. This category only includes cookies that ensures basic functionalities and security features of the website. These cookies do not store any personal information.
Any cookies that may not be particularly necessary for the website to function and is used specifically to collect user personal data via analytics, ads, other embedded contents are termed as non-necessary cookies. It is mandatory to procure user consent prior to running these cookies on your website.
Login
Accessing this kursus requires a login. Please enter your credentials below!