’n Ma-dogter-verhouding wat spesiaal is – Serahni Symington [Oudio]

SERAHNI SYMINGTON het tydens die Oulike ma–bederfdag gesê om te onthou dat jy daar is om jou dogter te lei om haar potensiaal vir geluk te realiseer.

Category:

Description

Jy is jou kind se rolmodel en die maatstaf wat sy in die lewe gebruik. Daar is sekere goed wat jy doen wat ’n samelewingsbeginsel is en wat vir haar die norm word.

As julle elke aand in julle huis saam eet, word dit die norm. As kinders by ander mense gaan kuier en hulle maat se ouers eet nie saam aan die tafel nie, dink hulle: Hierdie mense is weird. Hulle eet nie saam nie.