Maak jou kind speel-speel slim [Ouerskapsuitdaging]

Watter ma smag nie na kosbare oomblikke saam met die kinders wat haar hart se punt is nie? Kinders is op hulle beste as hulle ’n sterk band het met iemand wat vir hulle omgee. “Wanneer jy in die tye wat julle saam is, regtig met hulle bind, word hulle brein gestimuleer, hulle verhouding met jou versterk en hulle gedrag verander,” sê Voelgoed se ouerskapsmentor Lizanne du Plessis, skrywer van boeke soos Speel-speel word jou kind so-o-o oulik en slim.

Lizanne du Plessis