Wanneer frustrasie, woede, seer en ’n magdom ander negatiewe emosies vir ’n lang tyd deel van ’n verhouding is, is dit geen verrassing as die woord “skei” opduik nie.
Of jou huwelik verby is en of daar nog iets oor is om voor te baklei, is nie ’n maklike besluit nie – veral nie as jou verhouding liefdeloos voel nie.
“Jy mag dalk voel daar is geen hoop vir jou huwelik nie en dat die seer te rou is. Die waarheid is, dit kan beter en sterker wees as ooit tevore!”