Moenie dat stres jou geluk steel nie! – Catherine van Heerden [Oudio]

“Ons almal ervaar daagliks stres. Wees versigtig dat dit nie jou lewe in so ’n mate affekteer dat jy konstant ongelukkig en onder druk leef nie,” sê lewensafrigter Catherine van Heerden. Dink, of skryf selfs neer, wat jou in hierdie stadium van jou lewe die meeste pla. Is dit jou huwelik, ’n spesifieke verhouding of vriendskap, werk, ouers, geldsake of ’n nuwe baba in die huis? Sê vir jouself dis vreeslik erg vir jou. Dit gee jou slapelose nagte. Verstaan hoe intens hierdie probleem is. Én dan haal jy diep asem, net daar waar jy sit. Terwyl jy diep in- en uitasem, sê jy: Ek is in beheer van myself, van my emosies en van my besluite. Ek het die vermoë om besluite te neem, te verander en om die beste keuses vir my lewe te maak. Moenie nadat jy lekker asemgehaal het, omdraai en ’n stuk sjokoladekoek eet nie. Kyk mooi na jou liggaam, veral wanneer jy baie spanning het. Maak beter keuses!

Catherine van Heerden

R49
R39

  • Lesse
    1
  • Vraestelle
    0
  • Vaardigheid Vlak
    advanced vlak

advanced vlak

Studente

3

Ingeteken op die kursus

Gevorderd

1