Die lewe lyk dikwels anders as wat ons gehoop of verwag het. Omstandighede verander voortdurend, onverwags en buite jou beheer!
Dit is nie maklik om in God se goedheid te glo wanneer dinge skeefloop en jy moedeloos word nie.
“Jy voel ontnugter en jy begin wonder oor die werklikheid van God se goedheid, maar teleurstellings mag die groeitydperk wees wat jy nodig het om God opnuut te ontmoet,” sê KARIEN BASSON, redakteur van die Vroue wat Glo-bediening.