Geheim no. 7: Jy is dalk deel van die probleem

Die vermoƫ om onsself te bedrieg steek oral kop uit. Soms gebeur dit wanneer ons onder intense spanning verkeer, maar nie die oorsake daarvan wil erken nie. Ons ignoreer eerder die probleem as om dit aan te pak.

Wanneer ons sukkel om met ander mense saam te leef, verkies ons ook dikwels om onsself te bedrieg oor wat gebeur. In plaas daarvan dat ons erken dat ons ook ā€™n rol in die probleem speel, maak ons asof die ander persoon alleen die probleem is. Dis nie maklik om eerlik met jouself te wees nie, veral nie as jy teleurgesteld of kwaad is vir iemand wat nie aan jou verwagtings voldoen nie.

Erken dat jy nie altyd reg is nie

Erken die rol wat jou eie binnewĆŖreld in jou ontnugtering met jou maat speel. Om die negatiewe effek van verwagtings te neutraliseer, sal jy moet leer om eerlik na jouself te kyk. Jy sal moet ophou dink dat wie jy voorgee om te wees en wie jy werklik is een en dieselfde is.

As jy jouself bly bedrieg deur te dink dat jy die volmaakte huweliksmaat is, sal jy nooit die moed of nederigheid kan hĆŖ om te erken dat jy deel van die probleem is nie.

Vind uit hoekom jy teleurgesteld is oor jou maat

Voor jy jou verwagtings van jou maat kan verander, moet jy dit eers kan herken en erken. Jy moet dit identifiseer sodat jy nie met ā€™n skim werk nie, maar met die werklikheid wat in jou gemoed leef.

Prakties beteken dit dat jy na elke teleurstelling tyd moet maak om vir jouself die antwoorde op die volgende vrae neer te skryf. Wanneer jy dĆ­t doen, sal jy skielik ontdek dat jy jouself en jou eie verwagtings beter begin verstaan.

  • Wat het gebeur?
  • Hoe het dit my laat voel?
  • Hoe het ek verwag my maat moes optree?
  • Waarom het ek verwag dat hy so moes optree?
  • Was my verwagting realisties, veral as ek dink aan wie en hoe hy as mens is?
  • Watter bydrae het die storms wat daar reeds in my hart was, tot my belewenis van die situasie gemaak?

Erken dat jy selfsugtig is omdat jy so oor hom voel

Solank as wat ā€™n mens van iemand anders verwag om jou gelukkig te maak, lĆŖ jou eie ideale, drome en prentjies van geluk in die middelpunt van jou gedagtes. Daarom kan jy elke keer net raaksien hoe jou lewensmaat jou verontreg, jou van geluk beroof of jou ideale vernietig.

Jy moet dus by die punt kom waar jy die selfsugtige aard van jou ingesteldheid kan erken. Jy behoort dit op een of meer van die volgende maniere te doen:

  • Hardop teenoor jouself. Skryf dit neer of sĆŖ dit hardop sodat jy dit kan hoor. As jy dit doen, word jou verwagtings vir jouself ā€™n werklikheid wat jy nie so maklik kan ontken nie en waaraan jy makliker sal kan werk.
  • Bely die verwagtings en die selfsugtige aard daarvan teenoor die Here van jou lewe en vra dat Hy jou van jou selfsug moet vrymaak.
  • Bely dit teenoor iemand wat jy vertrou om jou reg te help as jy weer begin om net deur die bril van jou eieverwagtings na jou man te kyk.
  • Bely dit teenoor jou man en vra sy vergifnis vir die onregverdige eise wat jy op grond van jou verwagtings aan hom gestel het.

Natuurlik beteken dit nie dat jy jou behoeftes ontken of vernietig nie. Jy bly steeds ā€™n persoon met behoeftes. Dit beteken egter dat jy die aard van jou behoeftes ā€“ onrealisties, selfsugtig, ensovoorts ā€“ raaksien, asook die effek daarvan op julle verhouding.

Dit beteken dat jy erken dat jy druk op jou man en julle verhouding plaas omdat die verwagtings berus op jou vooropgestelde idees van wat moet gebeur en wanneer dit moet gebeur. En dit beteken dat jy die uitwerking van jou verwagtings op jouself, jou maat en julle huweliksverhouding verminder deur dit af te skaal of selfs prys te gee ter wille van julle geluk.

Identifiseer vir jouself waar jy op die spiraal van ontnugtering lĆŖ en erken die effek daarvan op julle verhouding. Kyk gou weer na die negatiewe spiraal van ontnugtering:

  • Normale teleurstelling en bedreiging vanweĆ« jou maat se uniekheid.
  • ā€™n Houdingsverandering by jou wat jou al meer laat fokus op die eise wat sy andersoortigheid aan jou stel.
  • ā€™n Fokus op jou maat se andersoortigheid wat daarvan die sondebok maak vir al die probleme in julle verhouding.
  • Voortdurende gevoelens van verontregting en woede.
  • Hardop uitspreek dat jou man se vreemdheid die probleem is.
  • Onttrekking van jou man, verwyte, openlike kritiek, eise vir verandering.
  • Ander mense intrek om ondersteuners te kry wat bevestig dat jou man die probleem is.
  • Deurlopende weersin wat jy in jou man ontwikkel.
  • Psigiese en fisieke geweld.
  • Die oortuiging dat julle onaanpasbaar is, dat hy nooit sal verander nie en dat dit beter sal wees as julle skei.

Wees nou baie eerlik ā€“ waar lĆŖ jy tans op hierdie negatiewe spiraal? En watter effek het dit op jou hantering van jou lewensmaat?