“In elkeen van ons se lewe is daar uitdagings. Soms voel dit vir ons asof ons dit nooit gaan oorkom nie,” sê Jannie Putter, lewensafrigter én aanbieder van die OUDIO-REEKS Daar is nie iets soos opgee nie!
Die lewe gebeur terwyl jy planne maak. Wanneer die uitdagings te groot raak en niks meer sin maak nie, hoe nou gemaak? Die drome en ambisies waarop eens gehoop is, het verdwyn. Is jy dalk moeg en oorlaai? Wil jy dalk opgee?
• Donker help om die lig te waardeer
• Dit is hindernisse wat laat jou groei
• Daar is ’n antwoord vir elke probleem
• Só kry mens hoop in moeilike tye
• Onthou, jy word wat jy praat!
• Vaardighede vir ’n duidelike visie vir jou lewe