’n Lewensafrigtingsprogram vir 6 weke

Hoe jy opstaan, is wat saak maak

’n Finansiële krisis, ʼn egskeiding, afdanking, die verlies van ’n geliefde … niemand gaan deur die lewe daarsonder nie. Wat suksesvolle mense van die res onderskei, is die vermoë om terug te bons. ’n Negatiewe situasie hoef nie ’n tree agteruit te wees nie. Dalk is dit net wat jy nodig het om jou in ’n nuwe rigting te stuur! In die 6 week– lewensafrigtingsprogram deel Voelgoed se mentors die resep om teleurstelling, terugslae en mislukking te verwerk.

Die program

Week 1 

Dóén anders 

Kry die regte houding teenoor ‘n krisis! – Gustav Gous 

Week 2 

Bons terug 

Moenie dat ‘n terugslag ‘n mooi toekoms bederf nie – Lynette Beer 

Week 3 

Dink só 

Wat dit beteken om soos ‘n wenner te dink – Jannie Putter 

Week 4 

Wees positief 

Stop negatiewe gedagtes en wees positief! – Lucia Dramat 

Week 5 

God se plan 

Ontdek God se perfekte plan vir jou lewe – Liesel Krause-Wiid 

Week 6 

Begin nuut 

Nóú is die tyd om nuut te begin – Nadia Beukes 

Méér oor ...

As jy sê jy wil jou lewe verander, maar jy het nie ’n duidelike prentjie van wat jy wil hê nie, is dit soos om in jou motor te klim en sommer net weg te trek. Maar geen idee te hê van waarheen jy eintlik op pad is nie.

Al wat dan sal gebeur, is dat elke afdraaipad ewe interessant sal lyk. Dan sal jy óf kort-kort in ’n doodloopstraat beland óf van die pad af trek en moed opgee.

Daar is ’n goeie rede waarom slegs ongeveer 5% van mense ooit regtig vervulling op enige vlak van hulle lewe ervaar. Dit is omdat slegs daardie persentasie van mense duidelike doelwitte het en planne in werking stel om daarby uit te kom.

Wil jy graag deel wees van hierdie 5%? Of wil jy eerder deel wees van die 95% wat aan die einde van hulle lewens sal sê: “Ek moes …” “Ek kon …” “As ek maar …”?

Die nommer een ding waaroor mense aan die einde spyt is, is dat hulle aanhou verskonings maak het. Tot dit te laat was. Dus, moenie dat daar nog een dag verbygaan sonder dat jy alles gee om jou lewe te laat saak maak nie.

Luister na oudio’s, leer om NEE te sê vir dit wat jou terughou, sê JA vir alles wat jou sal neem na waar jy wil wees, kry vrae om ’n aksieplan op te stel, skep jou eie droombord, word deel van ʼn eksklusiewe Facebookgroep, skakel weekliks in vir inspirerende Facebook LIVE-sessies, en méér.

In die 6 week-lewensafrigtingsprogram Hoe jy opstaan, is wat saak maak deel Voelgoed se mentors soos Gustav Gous, Lynette Beer, Jannie Putter en Liesel Krause-Wiid die resep om teleurstelling, terugslae en mislukking te verwerk.

  • Kry die regte houding teenoor ’n krisis!

Vir baie beteken ’n krisis dat die “eindfluitjie blaas” en hulle voelverpletter, deels omdat hulle die verkeerde vrae vra. Hulle vra: “Waarom ek?” in plaas van: “Wat nou?”

Jou lewe kry sin, nie deur dinge beter te verstaan nie, maar deur dinge anders te doen!

Jy moet probeer om eerder aan ’n krisis te dink as ʼn struikelblok tot ’n boublok, en ’n trapklip tot ʼn doel.

  • Moenie dat ’n terugslag ’n mooi toekoms bederf nie

Ons laat te maklik toe dat een gebeurtenis ons hele lewe definieer, maar jou lewe bestaan uit soveel meer!

Dit maak nie saak wat met jou gebeur het nie. Jy is nog steeds jy en daar is nog steeds ’n volmaakte plan vir jou lewe.

Los al jou oortollige bagasie agter, dan sal jy sommer gou daardie vrede, blydskap en vervulling vind wat jy so lankal begeer.

  • Wat dit beteken om soos ’n wenner te dink

Jou lewe verloop nie altyd soos jy dit graag wil hê nie, maar dit beteken nie dat verandering en probleme jou heeltemal van stryk moet bring nie.

Geestelike krag gee vir jou die uithouvermoë om uit jou foute te leer sonder dat dit jou heeltemal breek.

Dit is daardie stemmetjie in jou agterkop wat jou aanpor om aan te hou en elke keer weer op te staan, al gaan dit hoe moeilik.

  • Ontdek God se perfekte plan vir jou lewe

As jy deur ’n moeilike tyd gaan of ’n lewensbelangrike besluit moet neem, moenie bekommerd wees nie.

God wil nie Sy wil op mense afdwing nie. Hy gee vir ons die vryheid om te kies. En die enigste ding wat Hy nie wil hê ons moet kies nie, is die sonde.

Maar ons het natuurlik ’n verantwoordelikheid ook. Wat jy nodig het, is iets wat vir altyd sal bly: vrede te midde van jou omstandighede!

  • As jy wil hê daar moet iets nuuts in jou lewe gebeur, moet jy sorg dat jy ’n aksieplan opstel!

As jy die dinge neerskryf wat jy graag in jou lewe wil bereik, kan jy dit een vir een behoorlik ontleed en ondersoek en kan daar iets van kom.

Hoekom is hierdie dinge vir jou belangrik? Hoekom het jy nog nie hierdie dinge nie? Hoe, dink jy, sal dit wees as jy uiteindelik kan kry wat jy begeer?

  • In hierdie program sal jy elke week die geleentheid kry om ʼn droombord te skep. ’n Droombord is ’n visuele herinnering aan jou begeertes, doelwitte en drome.

Blaai deur tydskrifte en kyk selfs aanlyn vir prente, foto’s en aanhalings. Die hoofdoel is om so spesifiek en kreatief te wees as wat jy kan wees.

Hoe wil jy hê jou lewe moet lyk? Wat wil jy bereik? Wanneer iets met jou hart praat, knip dit uit vir jou bord!

Sluit aan by Voelgoed se mentors vir ’n spesiale, enig-in-sysoort lewensafrigtingsprogram wat jou help om teleurstelling, terugslae en mislukking te verwerk.

  • Word deel van ’n eksklusiewe, geslote Facebook-groep. En skakel weekliks op ’n Donderdag om 20:00 in vir ’n inspirerende Facebook LIVE-sessie, aangebied deur een van ons mentors.
SKRYF IN

Lewensafrigtingsprogram
vir
6 weke

Hoe jy opstaan, is wat saak maak

op jou EIE

R79

R99 vir een

SAAM as ‘n groep

R79

R159 vir twee

  • Luister na oudio’s
  • Elke week ‘n kundige
  • Stel ‘n aksieplan op
  • Skep jou eie droombord
  • Eksklusiewe Facebook-groep
  • Facebook LIVE-sessies
GESLUIT