God praat – hoor jy dit?
Doen Lynette Beer se aanlyn Bybelstudie vir 40 dae (vanaf Pinkster 29 Mei tot 7 Julie) op jou EIE of SAAM as ‘n groep geloofsvriendinne!

Yoga For Your Mental and Physical Health
Quisque maximus lacus sem, vitae maximus tortor venenatis in. Ut porttitor velit nec nibh dignissim venenatis. Vestibulum non ex id dolor commodo vestibulum. Nulla dignissim quam et augue consectetur porttitor.
Veertig geloofsvrae …
God praat met ons ...
God praat met ons almal in Sy Woord. Natuurlik kan ons dit self bestudeer en beloftes en riglyne vir ons lewe ontdek.
Bid die Woord van God ...
Kry elke dag ’n gedeelte uit die Bybel wat pas by die tema vir die dag.
Skryf neer wat God sê ...
Skryf twee of drie dinge neer wat jy ontdek het terwyl jy die kernwoorde van die Bybelgedeelte bestudeer het.
Déél met ander ...
Word deel van ’n eksklusiewe, geslote Facebook–groep van vroue wat een ding gemeen het – geloof!
Facebook LIVE elke Sondag …
En skakel weekliks op ‘n Sondag (7:00 tot 07:30) in vir ‘n inspirerende Facebook LIVE-sessie, aangebied deur Lynette.

Lynette Beer help jou met God praat – hoor jy dit?, ’n aanlyn Bybelstudie vir 40 dae, wat dit beteken om God se stem te hoor in ’n besige wêreld en betekenisvolle tyd met Hom te spandeer.
Meer oor ...
Jy is besig! Jy het werk om te doen, kinders om groot te maak, afsprake om na te kom en ’n huweliksmaat wat liefde nodig het.
Te midde van jou besigwees voel jy tog asof iets kort … Jou geloof is nie wat dit veronderstel is om te wees nie, jou verhouding met God is afgewater, jou gebede is oppervlakkig, en jou stiltetyd het selfs heeltemal verdwyn.
Hoe groei jy weer in jou verhouding met God? Wat doen jy om Sy stem te hoor in ’n besige wêreld?
Dit is wonderlik om goeie mense, ouers en werknemers te wees, maar God het ons by uitstek geskep om in ’n verhouding met Hom te staan, wat dit maklik maak om Sy stem te hoor.
Daarom gebruik Lynette Beer haar eie ervarings en dié van Bybelfigure om te wys hoe die Here vandag nog met Sy kinders praat …
In die Johannes-evangelie het Jesus iets hieroor te sê: “Die dief kom om geen ander rede as om te steel, dood te maak en te vernietig nie. Ek het gekom sodat my skape die ewige lewe kan hê en oorvloed kan geniet.” (Die Nuwe Nuwe Testament, Stephan Joubert en Jan van der Watt)
Die Here sê dat Sy skape Sy stem ken (Johannes 10:27), dus kan jy Hom vertrou vir ‘n lewe van oorvloed wat Hy vir jou in gedagte het.
Hierdie vertroue is meer as ’n gevoel; dis ’n keuse om te glo wat Hy sê, selfs wanneer jou omstandighede of emosies jou iets anders wil laat glo.
Jy hoef nie jou gevoelens of realiteit te ignoreer nie. Jy hoef ook nie voor te gee dat alles oukei is nie. Om God te vertrou beteken om ’n lewe van geloof en gehoorsaamheid te leef, al is dit moeilik.
Om dit nog beter te verstaan: ‘n Herder het baie tyd met sy skape deurgebring, sodat hulle sy stem kon leer ken. Dit het beteken dat hy hulle kon beheer met sy stem – net sy skape het agter hom aan geloop as hy hulle geroep het om uit die kraal te gaan vir weiding.
Dít is die tipe intieme prentjie wat vir ons Jesus se verhouding met ons teken – Hy wil hê elke gelowige moet Sy stem só goed leer ken, dat Hy letterlik voor kan loop en ons begelei na die lewe en oorvloed wat Hy wil gee.
Ek en jy is die skape van wie Jesus hier praat. Sien jy Hy sê Sy skape luister na Sy stem? Dit beteken ons kan Sy stem hoor, want ‘n mens kan tog nie na iemand se stem luister as jy dit nie kan hoor nie!
Maar daar is baie gelowiges wat sukkel daarmee om na Jesus se stem te luister. Party mense dink God praat nooit met hulle nie. Ander dink hulle hoor Hom nie omdat hulle dalk nie regtig Sy kinders is nie.
Meeste van die tyd lê die probleem egter daarin dat ons net nog nie geleer het hoe om te luister nie. God praat – Hy praat gereeld – maar ons weet nie hoe Sy stem klink en hoe Hy praat nie, en daarom mis ons dit wanneer Hy met ons praat.
Lynette Beer help jou met God praat – hoor jy dit?, ’n aanlyn Bybelstudie vir 40 dae, wat dit beteken om God se stem te hoor in ’n besige wêreld en betekenisvolle tyd met Hom te spandeer.
Hoekom juis 40 dae? Elke keer wat God iemand wou voorberei om iets vir Hom te doen, het Hy 40 dae gebruik. Noag se lewe is verander deur 40 dae reën. Moses was anders na 40 dae op die berg Sinaï. Jesus self het krag gekry na 40 dae in die woestyn.
As jy voel jou geloof is nie wat dit veronderstel is om te wees nie en graag wil groei, gee God 40 dae!
’n Aanlyn Bybelstudie vir 40 dae
God praat – hoor jy dit?R149 vir een
R745 vir vyf
-
Veertig geloofsvrae …
-
God praat met ons ...
-
Bid die Woord van God ...
-
Skryf neer wat God sê ...
-
Déél met ander ...
-
Facebook LIVE elke Sondag …
Read Our Article
Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit. Ut elit tellus, luctus nec ullamcorper mattis, pulvinar dapibus leo.
Hallo wêreld!
Welcome to Voelgoed Sites. This is your first post. Edit or delete it, then start writing!