Vasgevang in ooreet, kitsdiëte en obsessiewe gedagtes oor kos? – Oudio-kursus
Vasgevang in ooreet, kitsdiëte en obsessiewe gedagtes oor kos? is ʼn oudio-kursus wat jou gaan leer hoe goeie gewoontes jou gesondheid ʼn groot hupstoot kan gee.
“Kosdrange word dikwels as ’n swakheid beskou, maar soms is dit die liggaam se manier om belangrike boodskappe te stuur wat ons kan help om balans te verkry. Bepaal wat jou liggaam wil hê en waarom,” sê Minette Visser, aanbieder van die oudio-kursus, Vasgevang in ooreet, kitsdiëte en obsessiewe gedagtes oor kos?
• Jou emosies en kos gaan gewoonlik hand aan hand
• Sorg vir ʼn balans van kossoorte op jou bord
• Konstante gewoontes maak op die langtermyn ʼn groot verskil
• Onthou jou lyf is ʼn instrument, nie ʼn ornament nie
• Elkeen van ons verskil van iemand anders
• Jy is dit werd om ʼn gesonde leefstyl te hê