Staan op en ontdek wie jý moet wees – Jannie Putter [Oudio]

Paulus sê in 1 Korintiërs 16:13: “Wees waaksaam, staan vas in die geloof, wees manmoedig, wees sterk!” Mans se manlikheid word uitgedaag. Dit is ’n oproep tot waagmoed en dapperheid … om MANSGENOEG! te wees. Ten spyte van wat die wêreld as manlikheid voorhou, beteken dit nie om macho, arrogant of dominerend te wees nie. Eerder om ’n man na God se hart te wees. Die definisies van manwees is legio. Wat het die Ontwerper van die man in gedagte gehad? “Die wêreld is honger vir mans wat hulle definisie van manwees in die Woord soek! Dié wat sal opstaan en die leiding neem by die huis, die kerk, die werk en in die gemeenskap,” sê JANNIE PUTTER. Jannie Putter spog met grade in sportwetenskap, sielkunde, en het al vele sportafrigters gehelp om effektiewe leierskap baas te raak. Hy was ook die geestelike afrigter van die Leeus- en die Blou Bulrugbyspan.

Jannie Putter

R49
R39

  • Lesse
    1
  • Vraestelle
    0
  • Vaardigheid Vlak
    advanced vlak

advanced vlak

Studente

4

Ingeteken op die kursus

Gevorderd

1