Sunet Vermaak is ’n voorkoms-konsultant en stylafrigter wat op die stel van die bekende TV-program Glam Guru bekendheid verwerf het – sy het reeds 200 vroue op 156 episodes in 12 seisoene gestileer.
As stigter en eienaar van The Style School, help Sunet alledaagse vroue om hulle styl en selfbeeld te verbeter, om sodoende hulle te bemagtig om die beste te wees wat hulle kan wees.
“Ons is behep met ons heupe, pap arms, muffin tops en rokgrootte – en fokus meestal op al die negatiewe aspekte. As jy maar geweet het dat deur slegs ’n uitrusting te dra wat by die vorm van jou lyf, oë en hare pas, gaan jy al klaar beter voel en lyk,” sê Sunet Vermaak, aanbieder van die VIDEO-AANTREKGIDS Dis hoe jy jou klerekas regruk!