As jy ’n werkende ma is en van jou werk hou, voel jy skuldig. As jy nie werk nie, voel jy óók skuldig. Ma’s net so besig soos jy, help jou om in beheer te voel. Laat hulle advies jou help om minder te stres en terselfdertyd jou eie drome na te jaag.
Oorsig
Kursusinhoud
Aanbieder
Oorsig
Meer Oor Die Kursus…
As jy soos die meeste werkende ma’s is, voel jy dalk asof jy altyd tekort skiet wanneer dit kom by genoeg doen vir jou kinders. Gekwalifiseerde berader SERAHNI SYMINGTON het tydens die Oulike ma– bederfdag gesê jy kan regtig glo dat jou kinders goed sal uitdraai, ongeag die ure wat jy nie by hulle is nie.
Ons het almal oomblikke in ons dag wat ons nie ons volle aandag aan ons kindertjies kan gee nie. Dan voel ons skuldig dat ons nie genoeg doen om ons kinders se geluk te verseker nie. Dat ons nie genoeg doen om die mense rondom ons te beïndruk nie.
Maar is dit gesond? En help dit ons? Op die ou end is skuldgevoel ’n emosionele respons, want ons is gestres. So, wat kan ons nou met hierdie skuldgevoel doen?
Dit Is Wat Jy Gaan Leer…
• Mamma, wees jouself en ontspan ’n slag! • ’n Beroepsma beplan alle fasette van haar lewe • Slaap genoeg vir meer woema by die huis en werk • Wees net ma by die huis en vergeet Facebook • Vra raad by ervare ma’s en deel ook jou raad • Vergeet van balans, kry jou prioriteite reg • ’n Werkende ma hoef nie perfek te wees nie
Dr Serahni Symington het haar PhD in sielkunde voltooi en is deel van ’n praktyk wat daarin spesialiseer om kinders met speelterapie te help. Sy is ook ‘n geregistreerde berader by HPCSA onder die Sielkunderaad, doseer deeltyds en fasiliteer modules in Gesinsberading. Hierbenewens is sy Voelgoed se ouerskapsmentor, ’n gesogte spreker en word gereeld oor die radio gehoor.
“As jy soos die meeste werkende ma’s is, voel jy asof jy altyd tekort skiet wanneer dit kom by genoeg doen vir jou kinders,” sê Serahni Symington, aanbieder van die OUDIO Los die werkende ma-skuldgevoel!
Hierdie webtuiste gebruik cookies om ons te help om die beste diens te lewer. Wanneer jy hierdie webtuiste besoek, gee jy toestemming vir die gebruik daarvan. Vir meer inligting, kyk asseblief na die bepalings en voorwaardes in ons beleid. Cookie stellingsAanvaar
Bepalings en Voorwaardes
Privacy Overview
This website uses cookies to improve your experience while you navigate through the website. Out of these, the cookies that are categorized as necessary are stored on your browser as they are essential for the working of basic functionalities of the ...
Necessary cookies are absolutely essential for the website to function properly. This category only includes cookies that ensures basic functionalities and security features of the website. These cookies do not store any personal information.
Any cookies that may not be particularly necessary for the website to function and is used specifically to collect user personal data via analytics, ads, other embedded contents are termed as non-necessary cookies. It is mandatory to procure user consent prior to running these cookies on your website.